SN 1987A

SN 1987A
Die oorblyfsel van SN 1987A met die skokboog in verskillende kleurspektrums sigbaar: radio (rooi), sigbare lig (groen) en X-strale (blou).[1]
Die oorblyfsel van SN 1987A met die skokboog in verskillende kleurspektrums sigbaar: radio (rooi), sigbare lig (groen) en X-strale (blou).[1]
Soort supernova  Tipe II (ongewoon)[2]
Sterrestelsel  Groot Magellaanse Wolk
Sterrebeeld  Swaardvis
Waarnemingsdata (Epog J2000
Regte klimming  05h 35m 28.03s[3]
Deklinasie  -69° 16′ 11.79″[3]
Gal. koördinate  G279.7-31.9
Afstand (ligjaar 167 885
Ontdek  24 Februarie 1987
Top-magnitude  +2,9
Eienskappe
Voorloperster  Sanduleak -69° 202
Voorlopertipe  B3-superreus
Kleur (B-V)  +0,085
Notas
Die naaste supernova sedert die ontdekking van teleskope
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

SN 1987A was ’n supernova aan die buitewyke van die Tarantula-newel in die Groot Magellaanse Wolk (’n nabygleë dwergsterrestelsel). Dit het sowat 167 000 ligjare van die Aarde af plaasgevind,[3] naby genoeg dat dit in die Suidelike Halfrond met die blote oog sigbaar was. Dit was die naaste supernova sedert SN 1604, wat in die Melkweg self voorgekom het. Die lig van SN 1987A het die Aarde op 23 Februarie 1987 bereik.[4] Dit is “1987A” genoem omdat dit die eerste supernova was wat in 1987 ontdek is.

Dit was in Mei op sy helderste, met ’n skynbare magnitude van sowat 3. In die maande daarna het die helderheid geleidelik afgeneem. Dit was die eerste keer dat moderne sterrekundiges die ontwikkeling van dié verskynsels in besonderhede kon bestudeer, en dié waarnemings het hulle baie insig in supernovas gegee. Van besondere belang was dat SN 1987A die eerste geleentheid was om die radio-aktiewe bron van die energie vir sigbare liguitstralings deur direkte waarneming te bevestig deur die meting van voorspelde gammastraal-uitstraling van twee van sy oorvloedige radio-aktiewe kerns, 56Co en 57Co. Dit het die radio-aktiewe aard van die langdurende gloei ná die ontploffing van supernovas bewys.

  1. "ALMA Spots Supernova Dust Factory". ESO-nuusvrystelling (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2020. Besoek op 7 Januarie 2014.
  2. Lyman, J. D.; Bersier, D.; James, P. A. (2013). "Bolometric corrections for optical light curves of core-collapse supernovae". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 437 (4): 3848. arXiv:1311.1946. Bibcode:2014MNRAS.437.3848L. doi:10.1093/mnras/stt2187.
  3. 3,0 3,1 3,2 "SN1987A in the Large Magellanic Cloud". Hubble Heritage Project. Besoek op 25 Julie 2006.
  4. "Astrometry of SN 1987A and Sanduleak-69 202". Bibcode:1987A&A...177L...1W. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne